Josefskleed – Wynand Du Toit

R270.00

Out of stock

Description

The famous recce, operator, POW, public speaker and author have partnered with RECORDARE to supply an online outlet for his books – all books will be signed by the author himself.

Josefskleed:
Op 11 Februarie 2014 woon Wynand en Frances du Toit die 25ste herdenkingsvieringe van die ondertekening van die Brazzaville Protokol by. President Denis Sassou N’Guesso van die Republiek van die Kongo hang die nasionale Meriete Orde van die Kongo om Wynand se nek. Wat hy daar beleef en besef, laat die laaste stukkie van die legkaart in plek val, dertig jaar na sy gevangeneming in Cabinda, Angola.

Lees hier in sy eie woorde van sy stryd om te oorleef, om weer ‘n plek in die samelewing in te neem. Hoe he en talle ander veteraan-soldate misbruik, misken en verstoot is. As vergete slagoffers van die destydse Kodesa-samesprekings, lewe baie oud-soldate in gebrek en armoede, hul onvermoe om in die nuwe Suid-Afrika aan te pas ‘n bewys van die ou regering se kille hantering van die eens magtigste weermag in Afrika.

Die politieke poppe-meesters trek op 10 Mei 1994 die Josefskleed oor die donker put waarin sy eens getroue soldate en landsburgers steeds verkeer. Die politieke en militere vuilspel gerieflik verswyg in die gemak van hul aftreepakette.

ISBN: 978-1-928349-83-9

Read more of this remarkable ex-soldier here: http://wynanddutoit.com

You may also like…